Ek Staan Voor ń Stop Teken, En My Voet Wil Nie Saam Werk Nie

Vrydag Oggend

Die wekker het nie afgegaan nie. As dit nie was vir daai oproep 5:20vm nie, het ek nooit opgestaan nie.

Ons is moeg. Almal van ons. Dis verstaanbaar, die kwartaal stap na ń einde toe en die is maar hoe ons voel na amper twee maande van rond hol en skool.

Die kinders wil nie meer in die oggende opstaan nie, ek sukkel my dood. Ons kom eenvoudig net te laat in die bed. Dit is ń Vrydag oggend en ek voel hoe die lewe uit my getap word, maar ek sê saggies vir myself, moenie worry nie, dit is naweek.

Rerig, Brood?

Ek besef met ń slag ek het wraggies vergeet! Ek is onmiddelik kwaad vir myself. Hoe kon ek vergeet om brood te koop? Nou moet ons nog stop vir “pies” by die garage en ons is al klaar laat. Ek lê op my “hooter,” en een vir een kom hulle kar toe asof ons nog baie tyd het. Snoepie sal nie werk nie, hulle koop alles wat lekker is en vrek van die honger tussen deur.

Ek betaal op die oomblik wat die klok lui. Ek staan daar en staar na die lang arm op die ses en my mamma hart sink tot binne in my skoene. Al het ek gewaarsku en baklei, wat weet hulle tog van tyd. Ek sê dit ook elke dag en ons is nooit laat nie. Hoe moes hulle weet? Ons stop, ek ry tot omtrent binne in die klaskamers, agt minute laat. Deure swaai oop, dis drukkies, soentjies en trane maar daar is nie nou tyd vir te veel “faf” nie, hulle moet hol. Soos ek my kar uit ń “tight spot” probeer kry dink ek ten minste het hulle kos. Lekker “garage pies.”

Ek stop by die Kleuterskool en hy sê vir my “Mommy, I’m not ready. Can we wait?” So sit ons twee in stilte, ek weet nie vyf minute, of was dit vyftien minute? Ons al twee staar en ek wonder waaraan dink die vier jarige seuntjie. Hy is reg, hy maak sy deur oop en sê rustig “lets go.” Soentjies en drukkies later is ek terug in die kar. Dis stil, amper te stil. Die kar lyk soos ń vark hok na ń “pie” uit sy pakkie geval het.

Ek Stop En Kan Nie Verder Ry Nie

Ek ry stadig weg en stop by ń stop teken. Daar bly ek staan, so asof my voet nie saam wil werk nie. Ek staar net voor my, en al wat hard uit my mond kom is:

Here, het ek genoeg gedoen vanoggend? Weet hulle hoe lief ek hulle het? Sê tog vir my wat is belangriker? Langer drukkies of om betyds te wees in die klas?

Ons “question” onsself heeltyd. Doen ek genoeg? Raas ek te veel? Wat as dit of wat as dat… Hoe kon ek vergeet om brood te koop? Ma’s doen mos nie dit nie? ń Konstante warrelwind binne ń ma se hart van het ek regtig genoeg gedoen?

My antwoord wat ek kry is ja, die Here sin. Hy sê:

“Jy is genoeg!” Jy sal altyd genoeg wees vir hulle want ek het hulle spesiaal vir jou uitgekies en toe aan jou toevertrou. Daai vier kindertjies is myne en ek dink jy is die perfekte “match” vir hulle. So lief soos wat ek hulle het, het ek vir jou. Jy is genoeg. Jy is genoeg vir My en jy is genoeg vir hulle.

Hy gee my ń versie, net toe ek wil huil, die woorde verskyn voor my en ek weet ek is nie alleen nie, ek weet Hy sien my hart, Hy verstaan my. Beter as enige iemand anders ken Hy my.

MATTHÉÜS 6:33 –

Maar soek eers die Koningkryk van God en Sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.

Daar gaan baie oomblike wees waar ek en jy as mamma voel ons het nie genoeg gedoen nie, maar God kyk nie vas in die klein dingetjies wat die wêreld vir ons sê belangrik is nie. Hy sien ons harte en Hy sien ons “struggles.” Hou vas aan sy beloftes want jy is genoeg.

MATTHÉÜS 6_33 -

Ek trek stadig weg en weet God het alles onder beheer.

14 Comments

  1. This is just so beautiful and just what I needed to hear today! Thank you my friend! I feel like this every day, morning, noon and night! Am I enough? Do they know how much I love them and how hard I am working for THEM… ❤️

  2. This is a beautiful post Maris. We all have those day… we forget the bread… we feel less than worthy because we make so many mistakes as moms. And we all need reminders like this every now and then. ❤️

  3. Wow, Die het aan my hart geraak! Dankie Marish, nou sal Ek aan daai versie vashou elke dag wat moeilik is sal Ek soontoe blaai en weet Ek is genoeg! ♥️♥️

  4. Wow wat n fantastiese beskrywing van die werklikheid en dan die ongelooflike bevestiging uit Die Woord……jou boodskap maak baie harte vol mismoed gevul met nuwe moed. So ongelooflik om te lees en jouself in elke sinnetjie te sien jou eie vrydag voor jou oe in ander se woorde sien afspeel. Dankie, baie dankie vir hierdie woorde vol Geloof,Hoop en Liefde……

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.