Waarheid In My

So jaag ek van dans na lees of van klavier lesse terug skool toe voor die klok lui,  altyd haastig, glad nie tyd om te stop nie. Nie eers tyd vir een sinnetjie nie. Ek is seker ek word so bietjie “gejudge” in ons klein dorpie, maar daar is ook nie tyd om oor dit te “worry” nie.

Van Maandag tot Donderdag is tyd bitter kosbaar. Veral in die middae. Ek het mos nou drie op groot skool. 

Elkeen anders, ander belangstellings en ander tempramente. Ek moet dit so fyn beplan dat as daar ń krisis opdyk, ons nogsteeds betyds gaan wees vir alles. 

Elke dag het sy eie uitdagings en “to do lists.” Ek weet nie altyd of ek kom of gaan nie maar laas week so tussen die jaag deur besef ek iets. Seker vir die heel eerste keer in my lewe vandat ek ń skool mamma is.

Daar is wraggies drie van my. Ek besef dit so dat ek skielik net als wil neer skryf, jy weet voor ek vergeet. Tyd laat dit nie toe nie, ek bestuur en ek is besig om rond te jaag. ‘Die storie moet maar wag tot vanaand,’ dink ek. (Soos altyd)

Die Eerste Ek

Ek nommer dié een as nommer een want dit is my gunsteling ek. Dié ek wat met vakansie is. Ek dink die is ook my kinders se gunsteling weergawe van my. Wanneer niks ons jaag nie, niemand vir my sê waar ek moet wees of wat ek volgende moet doen nie. Soos in “schedule” vry.   

Ek hou van orde, maar ek hou van rustigheid. Ek wil met die kinders gesels, ek wil saam hulle langs die see stap en sommer “take aways” eet omdat daar nie reels is nie. Varkie aand is ń “must” al is dit net een keer ń vakansie. Ek wil “chill” en saam my mensies wees. Dit is dié ek wat nie ń “worry” in dié wêreld het nie.

Die Tweede Ek

Dis die mamma in die oggend. Die een wat bietjie vryheid het, die klem val op bietjie. Dis mos nou wanneer ek al my dingetjies doen, die dingetjies vir almal in die huis en myself soos byvoorbeeld die shopping, skool vorms invul, familie beplanning, vakansie beplanning, die huishouding onder beheer probeer hou, bietjie blogging, my eie “dag job” by Muppie Lounge  en soms net lekker lang foon gesprekke en myself bietjie slimmer probeer maak met aanlyn kursusse of boek lees/luister. 

Die ek is ook rustig maar altyd haastig. Net omdat ń oggend so kort is. As jy jou oë uitvee is die oggend verby. Ek “like” van kuier saam my maatjies maar daar is nie altyd tyd vir dit nie. Daar is so baie wat gedoen moet word. Ek try maar so een maal ń maand maar dit voel altyd so kort.

Ek like die ek, sy is nogals “on top of things.” Sy weet wat aangaan, stel reminders, goeie beplanning en altyd in beheer van hoe dinge moet loop. 

Ek like nogals van tyd saam myself, dis mos nou die heel lekkerste ding. 

Die Derde Ek 

Dis nou wanneer ek die kinders by die skool oplaai. Al my “social skills” gaan by die deur uit. Eweskielik is daar skaars tyd om net te “nod” in die regte rigting, “nevermind” ordentlik te groet nie. Ek het nie tyd vir praatjies en dingetjies nie. Ek moet jaag. 

Ek ryg die huiswerk soos macaroni op ń toutjie. Dis rof, ek moet heeltyd smeek, as ek nie smeek nie raas ek. Die ek is nogals erg kwaai en baie streng wanneer dit kom by my eie “ground rules”, maar my man dink ek is meer van ń “push over” wanneer dit kom by die kinders. Ek loop ook glad nie, ek het so oulike draf stappie. Sleep altyd ń kind of twee saam wat moet by bly. Dis rof ek gaan nie stry nie, maar dit werk vir my. Hoe anders gaan ek by alles en almal uit kom. Ek wou mos vier gehad het, nou moet ek uithaal en wys. 

Die kinders maak my moeg, altyd iets om te sê, altyd ń beter plan of een of ander pyn, hulle is nie maklik om te “please” nie maar ek sê gereeld hulle is my grootste “blessing” in die lewe, al maak hulle my mal.

Hulle laat my lekker lag. Die klomp saam is “loud en crazy” maar ek mis dit as hulle nie by my is nie. Die ek is mal oor bad tyd en dan slaap tyd. As die dag so standig maar seker tot ń einde kom.

Voel ek soms skuldig oor dit?

Wel, miskien so twee ure na hulle slaap en ek nou moeg vir myself is. In die winter gaan ons sommer vroeër bed toe, hulle kan nie my “fancy” horlosie in die kombuis lees nie. Die son is mos al lankal onder. Ek wonder elke winter hoe lank gaan ek nog hiermee weg kom? 

Dis Ek 

ń Mamma kan onmoontlik nie dieselfde mens altyd wees nie. Daar is net te veel wat verwag word van ons. Soveel dingetjies om mee te deal, maar die mamma in my is mos nogsteeds ek. Die vrou binne my. 

Ek dink ons sit baie druk op onsself om altyd te moet “perform” en almal om ons gelukkig te hou, dat ons soms vergeet wie ons regtig is of dalk was. Die “realisation” vir my was ń goeie ontdekking, dis okay om ek te wees in my verskillende rolle en dis okay om nie altyd perfek te wees nie. Ek is mos nie hier om ander heel dag te “please” nie, solank ek weet wie en wat ek is, is dit oraait vir my.

As ons saam ons kinders is kan ons onmoontlik die vrou wees wat vanoggend rustig ń koppie koffie geniet het in stilte by die huis of by die werk. Dis juis dit wat ons so bietjie ekstra spesiaal maak.

Wat dink jy?

2 Comments

  1. Baie goed geskryf. Ek stem saam dat ons onnidige druk op onsself plaas om te “perform”. Wat ons, elke ouer, doen is is ons beste veral in daai oomblike waar ons regtig net nie meer krag het nie om vorentoe te beweeg nie. Jy is besonderse spesiaal Mariska! Ek het net twee kinders, maar soms voel dit of ek twintig het

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.