Wie Is Baas? Ek Of Load Shedding?

Kyk as dit jou onverwags vang dan sit jy met ń massive probleem. Ek weet, ek is self ń Suid Afrikaanse ma. Gelukkig is daar nog maniere om op die stadium om dit te werk.

Load shedding is nie vir sissies nie maar ons is immers van Afrika so ons kan dit mos handle. Wel so het ek gedink tot my foon se signal verdwyn het saam die krag! Dit was erger as die load shedding self! Katastrofies as jy my vra.  Ek het nie geweet al daai goed werk ook met krag nie maar apparently doen dit.

Ek reken toe, die heel beste manier om die ding onder die knie te kry is om vir load shedding te wys wie is baas. Ek kon toe eventually tien jaar later ń ordentlike app kry wat actually werk.

Eskom se push app download die app en dit sal jou lewe verander. Dis heel eenvoudig, sit jou area in, jy kan even meer as een area in sit so as jy met vakansie gaan is jy ook covered. Jy kry dan notifications sodra daar load shedding gaan wees. Hulle is so nice dat daar even ń count down is, so jy kan tred hou met jou tyd skedule tot, wel jy weet die krag af gaan.

Tips Om Load Shedding Se Baas Te Word

* Download die app. Moenie dat hy vir jou vang in die donker nie.
* Wees altyd “one step ahead.”
* Beplan jou belangrike oproepe, Facebook stalking, Instagram browsing en whats apps terwyl daar krag is.
* Los die goed wat jy sonder krag en in die donker kan doen vir later. Maak klaar wat jy moet klaar maak met krag voor daai “off switch.”
* Gooi ń glasie wyn om jou mentally te prepare vir wat kom..
* Kyk wat jy gemis het op catch up.
* Tape die stories wat jy gaan mis in advance incase dit nie op catch up is nie.
* Download solank al jou emails, dan sit jy dadelik jou laptop op charge. Moenie eens begin lees nie, die temptation is te groot en dis krag tyd mors.
* As jy nie wyn drink nie, maak koffie in ń fles.
* Daar moet altyd hout wees vir ń vuurtjie.
* Maak kos. Maak nou nie saak hoe laat dit is nie, kry dit net klaar.
* Koop kerse of ligte of enige ding wat met ń battery operate. Jy moet kan sien in die donker.

* Charge wat ever jy kan as daar krag is, veral entertainment vir die kinders. Hulle kan mos glad nie speel in kerslig nie. Hulle raak heeltemal blind.

Wat Kan Wag Tot Later

* Die skottelgoed. Rerig if you miss a spot, doen dit net weer. Don’t sweat the little things.
* Die wasgoed. Glo my jy kan nogsteeds klere op die vloer sien lê al is dit donker.
* Bed time, ons sit anyway die ligte af as hulle moet slaap.
* Daai boodskappies wat maar kan wag, dit sal eventually deur gaan, net nie nou nie.
* Die rubbish bag.
* Die katte en honde.
* Enige iets wat beteken jy sit gou vir vyf minute en doen niks… dit moet wag.
* Die toilet. Tyd is min, later sal daar baie tyd wees.

Hoe Om Jouself Besig Te Hou Tydens Load Shedding

In die verlede kon mens lekker surf op die internet maar nou is daai dae verby. Vraag is wat doen mens sonder die internet? Veral op die toilet?

* Jy reply op daai 50 whats app boodskappe waarvoor jy heel dag nie tyd gehad het nie. Hy sal eventually deur gaan. Jy was te besig met prioritising.
* Jy doen dit terwyl jy op die toilet sit want jy kan nie Pinterest surf nie .
* Jy gooi nog ń glas wyn.
* Jy maak seker al die ligte in die huis is af voor load shedding in skop, anders moet jy wag om te kyk wat was aan sodat jy dit kan af sit vir die nag.
* Jy reply op al jou emails. Dit sal ook eventually deur gaan. Jou laptop is mos nou vol gelaai.
* Jy was die skottergoed. Dis anyway beter so, jy kan nie sien hoe vuil die water is nie.
* Jy tel die wasgoed op in kerslig, die manier word mens nie so kwaad nie. Dis baie meer romanties.
* Jy sit vir die kids ń classic Disney fliek op die laptop, jy speel dit sommer van die external hard drive.
* Jy raak rustig want dis half donker.
* Een vir een blaas jy die kerse. Eweskielik verjaar ons ma’s nou elke dag. Ek voel nogals rustig teen die tyd van die aand al is dit nog nie agt uur nie.
* Jy laai die was masjien, gooi die poeier in en start hom. As die krag aan gaan, sal hy sy ding doen. Môre is die klere skoon.
* Sit alles terug op charge al is die krag nog nie aan nie sodat dit kan laai sodra die krag weer in skop.

My Punt Is

My punt is, ons kan die ding manage. Dis makliker om kwaad, geirriteerd en frustrated te word, ek dink ons almal was al daar, maar ons moet load shedding wys wie is baas. Ons moet maar net beplan en seker maak ons weet wat, waar en wanneer. As daar dan ietsie gebeur wat nie op die schedule is nie, skop die kas, skree in die kussing, vloek as jy moet of gooi die derde glas wyn want jy was nie prepared nie.

Kom ons maak die beste van ń slegte ding en wees maar wys met ons krag tyd. Elke donker wolkie het ń silver randjie, even in Suid Afrika.

PS* In hemels naam maak tog net seker jy het ń lighter of vuurhoutjes vir daai kerse!

2 Comments

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.