Skole politiek… is dit werklik nodig?

Soek ons almal nie maar dieselfde in die lewe nie? Om aanvaar te word, lief te hê en dan die heel beste vir ons kinders te hê! Dis skoon snaaks om die politiek te aanskou, hierdie ‘fight is real.’

Dinge raak warm!

Dis sulke tyd mense, dis tyd om die beheerliggaam te kies. Drie jaar is verby en ons moet stem. Ek check hoe almal in klein groepies staan en saggies praat, ja even die onderwysers. Niemand het lang naels nie, gaan kyk maar, almal stress hul alies af! Ek kyk hierdie ding so van die kantlyn af en wonder maar by myself, “waar is jul geloof?” (Ek judge nie, ek wonder maar.) As jy nie nou op eiers loop nie dan loop jy op kole by die skool. Dit gaan rof!

Almal lê ‘n eier!

Soos met enige iets in die lewe is daar ook maar groepies by die skole. Ek praat nou nie van die kinders nie, ek praat van die “so called” volwassenes. Daar is so baie verskillende ‘clicks’ dis nie eers snaaks die.  Jy kry die mense wat maak of hulle alles doen maar nog nooit eens n pannekoek geflip of gerol het nie. Dan natuurlik my gunsteling groepie is die koelte kommitee.  Hulle is baie slim want hulle weet alles van almal – of dit nou die waarheid is, of nie. Vra maar vir hulle, hulle sal vinnig vir jou hulle weergawe gee. Jy kry ook die groep (dis nou 70% van die skool) wat mens nooit sien of hoor nie. Hulle weet niks, maar stel ook nie belang om uit te vind nie, hulle kinders is net daar. Die doeners is die klomp wat alles doen. As iets moet gebeur dan is dit altyd dieselfde gesigte wat opdaag om te help. As dit nie vir die groepie is nie, dan weet ek darm nie. Jy kry ook natuurlik die betalers, maar ek moet by voeg baie van die mense val onder die doen groepie ook. Dan is daar natuurlik die groepie wat die regte karre ry en ‘job titles’ het, van hulle help en van hulle sien jy nooit. Hang maar af hoe ‘grand’ hulle is. Op die ou end van die dag wil almal hul opinie lig, en ja dis seker goed so…. maar kom ons bly kalm en glo.

My opinie.

Ek persoonlik dink die hele bohaai is onnodig. Kan ons nie maar ons eiers in ‘n nes bêre en net saam staan nie? Ek is maar n mamma wat my opinie vir myself hou, ek persoonlik dink dis beter om na die Here toe te hol as na mense. Ja ek het ook my ‘bestie’ by die skool, en ja ons bespreek ook “punte” maar my geloof  lê by die Here. Ek glo vas ons moet al die groepie nonsens laat staan en eerder begin saam staan en bid vir ons skole. Laat God die beheerliggaam kies, waar is ons geloof dan? Ek stres nie, as die verkeerde mense in die verkeerde posisie beland glo ek vas God sal dinge laat geskied soos dit moet. Ek weet om anders te wees is nie altyd maklik nie, maar ek het so gevoel as ons dinge anders doen vir ‘n slag sal ons ander resultate sien.

God se plan.

Wanneer ons dinge in ons eie hande wil neem moet ons maar die gevolge dra. God het reeds ‘n perfekte plan vir alles in die lewe, ek glo dit vas! In plaas van om te ‘stress’ vat ek alles na Hom toe, en vertrou op Sy plan. Hy is dan groter as enige iets op aarde? God het ‘n plan met ons skool, gaan ons in sy pad staan en self probeer sien kom klaar of gaan ons pad oop maak vir Hom om in te tree as voorsitter van ons beheerliggam? Kan ons nie as ouers die nonsens laat staan en eerder saam staan in gebed nie? Kan ons nie daar ‘n voorbeeld wees vir ons kinders en vir hul wys hoe ons saam staan en bid vir die skool nie? Imagine hoe amazing sal dit wees as ons kinders dit kan beleef – ouers wat bid vir hul skool, en dan deur daai aksie God se wil sien lewendig word op ons skool gronde en klas kamers. Vraag is, is ek dalk naïef?

Maak ‘n verskil wat ‘n verskil maak. 

Here, die styd is nie ‘n stryd van mag nie, maar ‘n stryd sodat dinge reg sal geskied en dat U wil in ons skole sal geskied. Maak nie saak wie U toelaat om in beheer te wees van die beheerliggaam nie, ons vertrou dat U hul motiewe, gedagtes en gedrag sal beheer, want U is in beheer.  Dinge gaan al klaar rof in ons land, alles is deurmekaar maar ons weet dat U groter is as alles en almal. Ons weet dat U die beste voorsitter vir ons skool is maar ook vir ons land. Laat ons begin hande vat en saam staan, saam bid en so ‘n verskil maak in ons kinders se lewens, ons huise, ons skole en ook ons land. Ons vertrou U. Amen

Jou houding is n klein dingetjie wat n groot verskil kan maak.

 

17 Comments

      1. No I need to do better, I read over it twice and I’m actually gonna ask hubby (afrikaans) to help me understand some parts… if this is something you enjoy you definitely should keep it up.. there is definitely a market for it!

        Like

  1. Well done on the Afrikaans post; I’m sure you must’ve enjoyed writing it. 😊
    And I actually love how you write, because I was able to follow and understand (yay!).
    Isn’t it funny how the whole clique/group thing doesn’t end when we’re teenagers in school… people are still doing it as adults, even when they themselves are now parents of kids who are now in school?!
    Thanks for joining us over at #LekkerLinky 😊

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s