Watse tipe Mamma is jy? Of moet ek eerder nie vra nie?

Terug skool toe vir die “so called” grootmense.

Die lewe is darm maar ń snaakse ding! Jy dink jy kyk nog links dan kry jy sommer ń klap van regs. Ek sit en wonner so by myself, help ook nie eintlik jy “mind jou eie business” nie, want deesdae kom soek die strooi jou agter die bosse uit. Mens moet heeldag “watch” wat jy sê en “even” belangriker, vir wie jy dit sê. Ons moet ook maar die hele dag oor ons eie skouers loer, net nou doen of se jy iets dan “judge” die hele “community” jou.

Ek praat nou maar weer so bietjie skole en mensdom politiek. Ek het al oor die “stuff” geskryf.  Kliek net hier, as jy my stuk  Skole Politiek wil lees. 

Anyway so erg soos wat dit is vir ons kinders, dis deesdae veel erger vir die “so called” groot mense. Jy is of in of jy is uit. Jy weet, so iets soos “flavour of the day.” So kan jy nou maar kyk, een week het jy elke dag sommer 10 nuwe ‘Facebook friend requests’ en die volgende oomblik val jou ‘Instagram following’ soos die “Bitcoin shares.” Geen spesifieke rede nie, dis nou maar hoe die wind waai, behalwe as jy die “leader of the pack” is wat al die “shots call.”

Die Vraag…

So hier is my ding, die ding wat ek wil sê.  Ons as ouers / groot mense kan die dinge dalk nog “handle” en iewers oor dit kom (deur God se genade”, maar ons arme kinders… wel dit is n heel ander storie. Gaan ons toelaat dat die tipe gedrag van ons as ouers en groot mense deel word van hul karakter?

#dogterjiemammas se Verantwoordelikheid

As jy n dogtertjie mamma is, “watch out.” Die klein blommetjies “copy” alles wat ons doen. Hulle manier van praat, loop, aantrek EN SKINNER. Dis dié wat my so hartseer maak… hulle sien en ken net daai tipe “behavior.” Natuurlik gaan hulle dit mimik. Hulle kyk op na jou. Jy is hulle rol model. So al dink jy dis “cool” om “cool” te wees is ek seker as jy mooi gaan sit en dink is dit nie wat jy vir jou eie kind wil hê nie. Daai Amerikaanse “movies” van die “nasty girls” is miskien “fun” om te kyk, maar dis beslis nie die droom wat ek het vir my meisiekinders nie.

Ons wil sterk vrouens groot maak wat vir hulself kan opstaan.  ń Meisie met ń goeie selfbeeld maar nie hoogmoedig nie. Sy moet vertoue hê in haarself maar sy moet weet en verstaan haar krag kom van die Here. Sy moet vriendelik wees teenoor haar medemens en ń voorbeeld kan stel vir haar klas maats. Ek byvoorbeeld wil veel eerder hoor my kind deel haar broodjes as om te hoor sy het die mooiste netbal tekkies. Al hoe hierdie klein dogtertjies dit gaan leer is deur ons goeie voorbeeld. Ons as mammas stel daai voorbeeld.

#seuntjiemammas se Verantwoordelikheid

As jy n seuntjie mamma is wil jy ń “gentlemen” groot maak. ń Man wat van jongs af leer om lief te hê met sy hele hart. ń Man wat nie skaam is om met emosies te “deal” nie, want hy sien by mamma dis “okay” om te huil en dan kort daarna weer te lag. Hy moet ken van die “rubbish” uit vat en deure oop maak vir n vrou.

Hulle moet kan sien by pappa watse harde werk dit is om vir die gesin te sorg sodat hy eendag verstaan wat van hom verwag word. Hy moenie heeldag na vrouens se strooi sit en luister en bid dat hy nooit eendag gaan trou nie. Hy moet in jou as mamma sien wat hy vir homself gaan kies eendag as dit sy beurt is. Ek is seker alle mammas wil hê hul klein prinse moet met ń vrou trou wat goedhartig en sag is, een wat vir hom sal help en lief sal wees. Iemand wat hom sal opbou en nie sal afbreek nie. As dit al is wat jy heeldag doen, mense afbreek en verkleinneer sal dit al wees waaraan hy gewoont is en dan dit soek in sy eie vrou.

Tyd tel teen ons.

Die lewe is kort. Ons kosbare tyd saam ons kinders is maar min. Ek sien hoe vinnig hol die tyd weg met ons.  As ek my oë uitvee is nog ń jaar verby, dié is “crazy!” Ons as ouers het ń “huge responsibility” teenoor ons kinders in ons eie gedrag. Ek sê nie wees altyd perfek nie, want dit kan ons nie wees nie, maar kies hoe jy optree, hoe jy oor mense praat en hulle hanteer veral voor jou kinders. Dis hoe hulle leer.

Watse tipe mamma is jy?

Staak die hoërskool issues, dis ń mors van tyd. Niemand is in elk geval beter of belangriker as iemand anders in God se oë nie. So my bietjie raad vandag is “RESPECT en LOVE” en vra jouself die vraag… “Watse tipe mamma is jy?”

Ek wil hê ons moet mooi hieroor dink en besef ons een grootste verantwoordelikheid is nie wie die mooiste kar ry of wie die grootste huis het nie, maar eerder wie die meeste “giggles” aan tafel hoor en ware vreugde beleef elke dag. Dis maar ń “learning excercise” vir ons almal elke dag. Ons almal raak kwaad en “irritated” maar ek glo as ons dink voor ons doen en praat, mag dinge dalk dalk net begin beter gaan. Beter in ons skole, huise, gemeenskap en uiteindelik ons land.

As ons mooi gaan sit en dink oor die opdragte van God en hoe Hy sê ons moet optree, sal al die dinge vir ons sin maak. Dis ń daaglikse keuse om die regte ding te doen. Dit maak dit nie maklik nie, maar dit maak dit reg.

Wees ń “blessing” vir almal.

 

Disclaimer: This post is not aimed at anyone in person or any specific events. It’s my own personal opinions of being a school mom just observing and giving my personal opinion.

8 Comments

  1. ‘n HUGE in bold en underline AMEN!!! As almal net sooo kan reddeneer gaan ons wêreld darem ‘n heel ander plek wees.

    My ma sê altyd…my kind, jy maak nie jou kinders vir jouself groot nie. Jy maak hle groot vir die wêreld. So dat hle van die wêreld ‘n beter plek kan maak en nie slegter nie. So dat hle in elke omstandighede en situasie sal kan aanpas en hle beste gee ten spyte van omstandighede en situasies.

    Klasse word disrupt….en dis onderwysers se skuld…NEE….wat leer JY jou kind by die huis. Dat dit ok is om disrespectful teenoor jou op te tree….dan maak dit dit ok om disrespectful teenoor onderwysers en maats op te tree.

    Gits…ek kan aan en aan en aangaan oor die topic. Bottom line…..mammas word wakker….seriously.

    Liked by 1 person

    1. Ek is nie seker wat gebeur het tussen dié 90’s en die millennium nie maar iewers het ons generasie guts verloor Om respectful te wees en dan daarby natuurlik Om dit dan oor te dra…. so asof die wêreld iets verskuldig is aan ons generasie. Geld en mag het belangriker geword as respek en maniere. Dit maak my hart seer. Dankie vir jou comment xxx

      Like

    1. Dis moeiliker gesê as gedaan….. maar dis ons beurt Om groot te wees. Xxx Net nie altyd so maklik nie. Ek wil nog baie n tantrum gooi of my daddy bel 😂

      Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s