• CHRISTIAN MOM OF 4 | LOVER OF FAMILY, FAITH, FASHION & TRAVEL | CREATOR OF MUPPIE LOUNGE

Oh Krises Wat Nou?

Hierdie is seriously nou al dié vierde jaar wat ek sê: “Dankie tog dié jaar is verby!” Nou kom Eskom en maak dinge net makliker vir my statement, of is dit nou moeiliker? #totallyannoyed Nee die krises is nie “load shedding” nie maar dit is ń massive probleem.

Dit Was Lekker Maar Nou Is Dit Klaar

Kyk dié was ń goeie jaar op soveel verskillende maniere, ek meen ek was lanklaas so happy soos nou. Maar vrek die jaar se klippe in ons pad was rotse. As ek terug kyk wil ek hol! En dis nog nie verby nie. Dis snaaks as mens ouer word, raak die challenges actually net groter en moeiliker. Ek wil weer by my ma en pa gaan bly, en net kind wees.

Hier Kom Dit Nou

Ek is nie ver van veertig nie, en ek kan voel ek het ń Ferarri of ń ding nodig net om die dinge beter te kan handle. Hulle noem dit mos dié midlife crises. Ek verstaan at last hoe die voel. Daai liedjie van Queen, I want to break free speel heel dag in my kop.

So wat doen mens as jy op dié punt van jou lewe kom? Daar waar alles dieselfde is. Die kinners moet deur die skool, hulle word groter en ons word ouer. Die roetine bly maar dieselfde, en vir die afgelope week, die weer ook.

Hier is my tips vir die entrance van ń vrou se midlife crises.

• Moenie panic nie, jy is nie alleen nie.

• Moenie ophou droom nie, dis nog lank nie verby nie.

• Daai roetine wat jou so irriteer, help eintlik so wardeer dit.

• Kinders groot maak is nie perde koop nie, so drink maar ń glasie wyn.

• Leer om jouself ook bietjie te bederf.

• Lees boeke, dit help jou om uit die boks te klim.

• Reis, al is dit net vir ń dag Bloemfontein toe.

• Kyk maar so bietjie TV, screen time tel net vir die kinners.

• Eet een keer ń week pizza.

• As jy dit laaik, koop dit.

• As jy dit nie kan koop nie, plak die prentjie teen jou spieel en “visualize” hoe jy dit gaan koop elke keer as jy jou lippies rooi maak.

• Stoot die borste uit, trek die skouers terug en claim jou original lengte.

• Gaan maar vir die ongemaklike check ups, dit gee jou peace of mind.

• Klou vas aan die wat nog saam jou stap. Hulle is daar omdat hulle daar wil wees.

• Embrace jou lyne en dimpels, maar kleur nog jou hare.

• As daar ń party is maak seker jy daag op al is jy nie lus nie.

• Maak tyd vir pajama dae en Clicks se home face masks.

• Leer om meer nee dankie te sê.

• Leer om meer ja te sê.

• Bel ń vriendin, sy gaan baie beter verstaan as jou man en jou kant kies no matter what!

• Probeer bietjie one on one time kry met daai hunk wat jy twintig jaar gelede getrou het. Ek weet dit gaan rof maar Hy gaan tien teen een deur dieselfde krises.

• Hou op wonder, doen dit net!

Ken Jouself

Teen dié tyd weet jy mos nou al wie en wat jy is. Hoe jy jou eiers like en wat jou mooi laat voel. Doen dit! Eet dit! Die lewe is te kort om vasgevang te word in die “midlife crises ding.”

Ek moet myself fyn dop hou en heeltyd los maak van “homemade” kettings van deur die jare.

Leef Voluit Hy Is In Beheer

Die trick is om te let go. Die trick is om net te leef, te lag, mekaar te kielie en te weet dit maak mos nie saak wat nie, die Here het als onder beheer. Al lyk dit nie so nie. Al voel dit nie so nie. Hy het.

Jy gaan ok wees. En ek ook.

2 replies on “Oh Krises Wat Nou?”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

    Subscribe now to get the latest updates in your inbox!

    Follow Me!

    TOP